Update
MOSSELBAAI NUUS - Die voorverhoorverrigtinge in die saak van ’n 45-jarige man van Groot-Brakrivier, wat daarvan beskuldig word dat hy in besit van kinderpornografie was, is die afgelope week in die Mosselbaai-streekhof vir verhoor tot 15 Februarie 2027 uitgestel.
Die verdagte, wat in 2023 by sy familie se luukse woning in Bothastrand in hegtenis geneem is, het vlugtig in die hof verskyn.
Die hofrol is vol en daar was geen vroeër beskikbare datums nie. Die uitstel hou ook verband met nuwe bewysstukke wat in die saak na vore gekom het.
Die verdediging het voorheen aangevoer dat die forensiese uitslae van ’n rekenaar waarop beslag gelê is, benodig word om die staat se getuies behoorlik te kan kruisondervra.
Die verdagte het nog nie formeel gepleit nie, maar sy regspan het aangedui dat hy onskuldig sal pleit.
Sy identiteit mag nie bekend gemaak word voordat hy formeel gepleit het nie.
Sy borgtog van R5 000 is verleng.
Vorige artikels:
Groot-Brakrivier-man weer in hof oor kinderpornografie-aanklag
Child porn case postponed as new forensic analysis is ordered
Man van Bothastrand staar 1 004 aanklagte in gesig na kinderpornografie gevind is
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’