Update
GROOT-BRAKRIVIER - ‘n Inwoner van Bothastrand buite Groot-Brakrivier staar 1 004 aanklagte van die besit van kinderpornografie in die gesig.
Die verdagte is ‘n 45-jarige man wat saam met sy ma woon. Hy is verlede jaar in Meimaand by sy luukse woning in hegtenis geneem.
Die verdagte het gister weer in die Groot-Brakrivier-landdroshof verskyn. Die beeldmateriaal wat in sy besit gevind is sluit foto’s en videos in en daar is na wat verneem word babas betrokke.
Hy word ook aangekla dat hy kinderpornografie aan ‘n volwassene gewys het. Die verdagte is tydens ‘n vorige hofverskyning op borgtog van R5 000 vrygelaat.
Hy moet weer op 24 Mei in die hof verskyn.
Die verdagte se identiteit kan eers bekend gemaak word wanneer hy gepleit het op die aanklagte teen hom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’