Breaking News
MOSSELBAAI NUUS- Nog niemand is in hegtenis geneem nadat 'n 15-jarige seun van Danabaai twee weke gelede in 'n straat aangerand is nie.
Die voorval het op 7 Desember gebeur toe die slagoffer saam met sy meisie in E. Eximiastraat, Danabaai, huis toe gestap het.
Die tiener is met 'n gebreekte kakebeen en bloeding op die brein in die intensiewe sorgeenheid van die George Mediclinic opgeneem maar is intussen ontslaan en sterk by die huis aan.
Die pa van die seun sê die verdagte is glo ongeveer 19-jaar oud en sy seun ken hom nie.
Die verdagte se ouderdom word geskat op dit wat die slagoffer na bewering kan onthou of tydens die aanval gesien het.
Hulle weet ook nie wat die rede vir die aanranding was nie. Volgens die pa het sy seun slegs gehoor hoe iemand agter hom aan hardloop waarna hy aangerand is.
Enigeen met inligting kan die ondersoekbeampte in die saak, ao Geoffrey Moos, kontak by 044 606 5631.
Vorige artikels:
https://www.mosselbayadvertiser.com/News/Article/General/seun-in-danabaai-aangerand-202312120305
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’