Advertorial
SAKENUUS - Wat op 1 Oktober 1986 met 'n visie vir gehalte en uitnemende diens begin het, vier vanjaar 'n besonderse mylpaal: Mosselbaai Paneelkloppers is 40 jaar oud.
Johan van der Berg en sy vrou, Harriet, het die onderneming vier dekades gelede begin en dit deur harde werk, toewyding en 'n onwrikbare fokus op gehalte tot 'n gevestigde familiebesigheid uitgebou.
Sedert die onderneming se vorige groot mylpaal is Johan sr. oorlede, maar die waardes en standaarde wat hy gevestig het, leef voort. Vandag staan sy kinders, Lené en Johan jr., aan die stuur van die onderneming.
Vir Lené en Johan het hul betrokkenheid egter lank voor hul amptelike toetrede tot die onderneming begin. Hulle het letterlik tussen die werkswinkel en voertuie grootgeword. Lené is sedert 1997 amptelik betrokke en Johan sedert 1998.
Johan sr. het geglo dat, as hulle eendag die onderneming wou bestuur, hulle elke aspek daarvan moes verstaan. Hulle het dus onder begin - selfs met skoonmaakwerk in die werkswinkel.
Johan jr. moes ook die nodige paneelklop- én spuitverfopleiding voltooi.
Dit was deel van Johan sr. se eenvoudige filosofie: doen dinge reg en streef daarna om die beste te wees. Dié benadering is vandag steeds sigbaar.
Mosselbaai Paneelkloppers is 'n goedgekeurde herstelonderneming vir Volkswagen, Audi, Toyota, Ford, Mazda, Nissan, Honda, Kia, Hyundai en Isuzu - 10 voertuigvervaardigers wie se goedkeuring aan streng en omvattende oudits gekoppel is. Tydens hierdie oudits word feitlik elke aspek van die onderneming ondersoek, van toerusting en gereedskap tot die werkswinkel en fasiliteite.
Die onderneming werk ook met alle versekeraars.
Met gekwalifiseerde en ervare tegnici, waarvan baie reeds jare deel van die span is, spesialiseer Mosselbaai Paneelkloppers in paneelklopwerk en spuitverfwerk. Die dienste sluit ook 24-uur-insleepdienste, verflose duikherstel, polering en onderstel-reguitmaak (chassis straightening) met 'n elektroniese meetstelsel in.
Deur die jare het die onderneming uitgebrei en voortdurend by nuwe tegnologie en veranderende bedryfstandaarde aangepas, sonder om die beginsels waarop dit gebou is prys te gee.
Een hiérvan is lojaliteit teenoor produkte waarin hulle glo. Mosselbaai Paneelkloppers gebruik reeds vir 40 jaar Glasurit-verfprodukte en maak vandag van hul waterbasisverfstelsel gebruik.
Nog een van hierdie beginsels is dankbaarheid, en vir die familie is die 40ste bestaansjaar bowenal 'n geleentheid om dankie te sê.
"Ons wil eerstens ons Hemelse Vader bedank wat ons deur alles gedra het en steeds elke dag dra. Aan ons kliënte en ons personeel wat hierdie pad saam met ons gestap en hul vertroue in ons geplaas het - baie, baie dankie."
Veertig jaar later bly die fondament dieselfde: familie, vakmanskap, gehalte en 'n werk wat behoorlik gedoen word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’