Update
ALBERTINIA NUUS - ‘n Drie-en-vyftigjarige man wat vermoedelik verbind kan word met die moord op die negejarige Jacorene Vaaltyn en die 10-jarige Sharon Arries van Albertinia se saak is onlangs in die Albertinia-landdroshof tot 12 Desember uitgestel.
Die verdagte is in hegtenis geneem kort nadat die twee liggame van die meisies op 22 September by die woning van die verdagte in Jan Fiskaalstraat op Albertinia ontdek is.
Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek en die verdagte bly in aanhouding.
Vorige artikels:
- Verdagte in dubbelmoord bly in aanhouding
- Albertinia-inwoners ruk op na hof
- Albertinia-kindermoorde: Saak uitgestel
- Man in hof na meisies se dood
- Verdagte vas na moord op kinders
- Nege- en tienjarige weens versmoring dood
- Ligame van nege- en tien-jarige meisies gevind
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'