MOSSELBAAI NUUS - Die twee liggame van ‘n nege- en tienjarige meisie is gisteraand by ‘n woning op Albertinia ontdek.
Polisiewoordvoerder Kaptein Malcolm Pojie sê die grusame ontdekking is om ongeveer 18:30 gemaak enkele ure nadat die twee meisies as vermis aangemeld is.
Pojie sê die liggaam van die een slagoffer is onder ‘n bed gevind en die ander liggaam in ‘n blou plastiekdrom.
Die vermoede bestaan dat die meisies weens versmoring dood is maar ‘n nadoodse ondersoek sal vandag op die liggame in George gedoen word om die presiese oorsaak van dood te bepaal.
Die voorval word deur die Mosselbaai polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe ondersoek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'