Update
ALBERTINIA NUUS - ‘n Drie-en-vyftig-jarige man wat op Vrydag, 23 September by Albertinia in hegtenis geneem is in verband met die moord op die negejarige Jacorine Vaaltyn en die tienjarige Sharon Arries van Albertinia het vanoggend in die Albertinia-landdroshof vir 'n formele borgaansoek verskyn.
Die verdagte, Timothy Michael Ova het aangedui dat hy nie om borgtog wil aansoek doen nie.
Die twee liggame van die meisies is op Donderdag, 22 September by Ova se woning in Jan Fiskaalstraat op Albertinia ontdek.
‘n Nadoodse ondersoek het bevestig dat die slagoffers versmoor is.
Die saak is uitgestel na 3 November. Die saak sal in die rondgaande hooggeregshof aangehoor word.
Besonderhede van die nadoodse ondersoekverslag en of die twee meisies, soos vroeër berig, gelyktydig dood is, is nog nie bekend gemaak nie.
John Moos, pleegpa van Sharon Arries en Maureen Vaaltyn, moeder van Jacoreen Vaaltyn word hier in die binnehof van Riversdal-landdroshof deur Ben Swartz, Jacobus October, oom van Sharon en past. Ivan Mangoliso, Hessequa PA-raadslid ondersteun. Foto: Clive Pretorius, Suid-Kaap Forum
Vorige artikels:
- Albertinia-inwoners ruk op na hof
- Albertinia-kindermoorde: Saak uitgestel
- Man in hof na meisies se dood
- Verdagte vas na moord op kinders
- Nege- en tienjarige weens versmoring dood
- Ligame van nege- en tien-jarige meisies gevind
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Tuinroete nuus'