Update
MOSSELBAAI NUUS - ‘n Inwoner van Mosselbaai wat van die verkagting van ‘n 4-jarige familielid aangekla word sal na verwagting eersdaags weer in die Mosselbaai-streekhof verskyn.
Die verdagte is op 13 Mei 2024 by die Mosselbaai-munisipaliteit waar hy werksaam is, in hegtenis geneem.
Hy is sedertdien op borgtog vrygelaat en het nog nie op die aanklag teen hom gepleit nie.
Die beweerde verkragting het glo op 3 April, 2024 by ‘n woning op Heiderand plaasgevind terwyl die verdagte ‘n partytjie vir sy 40ste verjaarsdag gehou het.
‘n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die dogtertjie na die voorval vir ‘n volwassene vertel het wat gebeur het waarna ‘n saak by die polisie aanhangig gemaak is.
Die polisie wag tans vir ‘n opdrag van die Departement van Openbare Vervolging waarna die saak sal voortgaan.
Die verdagte het nog nie op die aanklag teen hom gepleit nie.
Die ondersoek duur voort.
Die verdagte is steeds werksaam by die munisipaliteit.
Op ‘n navraag, het die munisipaliteit geantwoord: “Interne dissiplinêre stappe is van toepassing indien daar beweer word dat 'n werkreël oortree is, en 'n prima facie saak bestaan. In so 'n geval word 'n interne ondersoek gedoen en die voorgeskrewe prosedures volg.”
Vorige artikels:
4-jarige na bewering deur oom verkrag
Shadow Line Man wat glo 4-jarige verkrag bly in aanhouding vir eers
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’