Breaking News
MOSSELBAAI NUUS - ‘n Man van Mosselbaai (40) sal na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van die verkagting van ‘n vierjarige kind.
Polisiebeamptes van die Mosselbaai se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het die man gister by sy werk in die dorp in hegtenis geneem.
Sy inhegtenisname spruit uit ‘n beweerde voorval op 3 April tydens die man se 40ste verjaarsdag by 'n huis in Heiderand.
Die verdagte is ‘n familielid van die slagoffer.
Die dogtertjie het na die voorval vir haar ma vertel wat gebeur het waarna ‘n saak by die polisie aanhangig gemaak is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’