Breaking News Update
MOSSELBAAI NUUS - ‘n Man van Mosselbaai (40) wat van die verkragting van 'n 4-jarige dogtertjie aangekla word, bly vir eers in aanhouding.
Die verdagte het Dinsdag in die plaaslike landdroshof verskyn op 'n aanklag van verkragting.
Polisiebeamptes van die Mosselbaai se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het die man Maandag by sy werk in die dorp in hegtenis geneem.
Sy inhegtenisname spruit uit ‘n beweerde voorval op 3 April tydens sy 40ste verjaarsdag by 'n huis in Heiderand.
Die verdagte is ‘n familielid van die slagoffer.
Die dogtertjie het na die voorval vir haar ma vertel wat gebeur het waarna ‘n saak by die polisie aanhangig gemaak is.
Die saak is uitgestel na 21 Mei wanneer die verdagte formeel om borgtog sal aansoek doen.
Vorige artikel:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’