MOSSELBAAI NUUS - 'n Een-en-dertigjarige man is Vrydagmiddag, 30 April in die pad gevind nadat hy vermoedelik deur 'n onbekende persoon geskiet is.
Die polisie is ontbied nadat inwoners 'n skoot gehoor het.
Die man is in Marlinstraat in Uitbreiding 13, naby die Bergsig-woonstelle in die pad gevind.
Die polisie het 13:10 op die toneel opgedaag en die man is na die hospitaal geneem. Hy is by aankoms dood verklaar. Hy het aan 'n skietwond in die bors beswyk.
Die Da Gamaskop-polisie versoek dat enigiemand met inligting sers Deothine Vaas kontak op 044 606 2201.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'