Update
MOSSELBAAI NUUS - Familie van ‘n Mosselbaaise ma (42) wat 19 keer met ‘n mes gesteek is, sê sy is steeds in die intensiewe sorgeenheid in George.
Die slagoffer sal na verwagting binnekort na die Groote Schuur hospitaal in Kaapstad oorgeplaas word.
Volgens die woordvoerder van die KwaNonqaba-polisiestasie, ao Kappie Kapp het die voorval Vrydagoggend om ongeveer 08:15 by die vrou se woning ten aanskoue van ooggetuies gebeur.
Die verdagte is kort na die voorval Saterdag op Mosselbaai in hegtenis geneem en sal na verwagting Donderdag in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van poging tot moord.
Die vrou het vyf kinders waarvan die jongste nege jaar oud is.
‘n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagte met die slagoffer baklei het voor hy na bewering ‘n mes uitgeruk het en haar 19 keer met die mes gesteek het.
Vorige artikel: Woman stabbed 19 times, man arrested
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’