Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die Eden Photographic Society se Junie-byeenkoms is weer virtueel gehou om die onderskeie wenners van die voorgeskrewe tema, metaal, asook die ope afdeling aan te kondig.
Die wenners is soos volg:
Voorgeskrewe tema
- Junior wenner: Gerda Fouché se Vintage Ford, naaswenner Monique Truter se Metal Spider.
- Senior wenner: Danie Pretorius se City Scape, naaswenner Anton la Grange se Lockdown Pleasure en Carien Kruger se Old Metal Ship Lamp.
Ope afdeling
- Junior wenner: Gerda Fouché se Garlic.
- Senior wenner: Anton la Grange se Incoming landing, naaswenner Anton la Grange se Strike a Pose.
Fotogalery: Junie se wenfoto's
Lede van die klub vergader elke tweede Dinsdag van die maand om 18:00. Alle belangstellendes en fotografie entoesiaste is welkom om aan te sluit. Daar is elke maand 'n voorgestelde tema.
Vir enige navrae oor die klub, kontak Anton la Grange (084 442 4442).
Danie Pretorius se City Scape.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'