GROOT-BRAKRIVIER NUUSFLITS - Volgens bevestigde inligting het die Groot-Brakrivier-polisie vanoggend omstreeks 04:00 daarin geslaag om een van vermoedelik drie gewapende rowers te arresteer na 'n gewapende roof in die area.
Die rowers het op die polisie-lede geskiet toe die polisie hulle opgespoor het.
Twee van die gewapende rowers het ontsnap en word as gevaarlik beskryf.
Daar is geen bevestiging van 'n addisionele plaasroof in die area nie.
Verdere inligting sal volg sodra beskikbaar.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'