MOSSELBAAI NUUS - Hierdie goedere is gevonde eiendom waarop afgekom is binne die Da Gamaskop-polisie se bedieningsarea.
Dit is tans in veilige bewaring by die polisiestasie. Die regmatige eienaars word versoek om met die polisie in aanraking te kom in verband met die uitkenning en terugbesorging van goedere.
Lede van die publiek wat goedere kom uitken word versoek om hulle identiteitsdokument saam te bring.
Vir meer inligting, kontak ao Anita Pio (044 606 2200).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'