Update
MOSSELBAAI NUUS - Altesaam 23 informele strukture is deur 'n onlangse brand vernietig.
Gedurende die oggend van Donderdag, 5 Desember, het strukture in 'n informele nedersetting in Wolwedans, Groot-Brakrivier, onverwags aan die brand geslaan.
Vyftig volwassenes en vyf kinders is dakloos gelaat.
Slagoffers van die brand is gehelp met tydelike verblyf, asook kos en ander noodsaaklike items, danksy Gift of the Givers en skenkings van die Mosselbaai-gemeenskap.
Mario Ferreira, 'n verteenwoordiger van Gift of the Givers, het vir die Mossel Bay Advertiser vertel dat die groep 45 minute nadat hulle in kennis gestel is van die brand, op die terrein was om die situasie te evalueer.
Die munisipaliteit se direktoraat gemeenskapsdienste het vervoer beskikbaar gestel na munisipale sale, waar brandslagoffers tydelik gehuisves sal word.
Gift of the Givers het later dieselfde dag teruggekeer met nooditems van hul plaaslike stoor soos matrasse, 130 komberse, grootmaat kos items, en higiëne items om diegene wat geraak word by te staan.
Cameron Buys van Gift of the Givers. Foto: Mario Ferreira
"Sommige van die items is op die oomblik gekoop vir verspreiding ter hulp aan die families van die 23 huise wat geraak is," sê Ferreira.
Raadslid Donovan Claassen het ook gehelp met die uitdeel van matrasse, asook die voorbereiding en verspreiding van pakke mieliemeel, rys gemeng met groente en blikkies vis.
Groot-Brakrivier-tak van Kinderwelsyn Suid-Afrika en die polisie se kommentaar is met die druktyd nog nie ontvang.
Vorige artikel: Hulp gevra na talle informele strukture op Groot Brak afbrand
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’