Video
GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Ongeveer 20 informele strukture het vanoggend in Wolwedans op Groot-Brakrivier afgebrand.
Polisiewoordvoerder, sers Lauriane Botha, sê 'n groot getal gesinne is hierdeur geraak en het bykans al hulle besittings in die brand verloor.
Gemeenskapslede wat enige skenkings aan hierdie gesinne wil maak kan vir Botha kontak op 073 551 7358.
Sy sê daar is onder meer kinders van tussen 12 en 16 jaar oud wat klere benodig, so ook 'n baba van vier maande oud.
Mosselbaai brand-, redding- en rampbestuurdienste het net voor 08:00 op 'n oproep reageer en die brand onder beheer gekry.
Dit is onduidelik hoe die brand begin het en of daar enige beserings is.
VIDEO: Die brand op Wolwedans
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’