GROOT BRAKRIVIER NUUS - Die gemeenskap van Mosselbaai het onlangs uitgereik na 'n gesin van Groot-Brakrivier wat alles in 'n huisbrand verloor het.
‘n Vier-en-veertigjarige vrou is op 16 November in die brand by die woning in Greenhaven dood. ‘n Man, sy 17-jarige dogter, 0-jarige seun en ‘n baba van 11-maande oud, kon daarin slaag om betyds uit die woning te ontsnap.
Hulle het egter niks besittings oorgehad nie en die polisie op Groot-Brakrivier het ingegryp.
Sersant Laurianne Botha het 'n beroep op inwoners gedoen om komberse, klere en huishoudelike items aan die gesin te skenk.
Sy het die afgelope week aan die Mossel Bay Advertiser gesê mense uit verskeie oorde het haar gekontak met skenkings.
"Ons het dit by die gesin afgegee. Dit gaan goed met hulle, onder die omstandighede." Die gesin woon tans by vriende in Greenhaven.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'