GROOT BRAKRIVIER NUUS - ‘n Vier-en-veertigjarige vrou is gisteroggend, op 16 November in ‘n huisbrand op Groot-Brakrivier dood.
Volgens die polisie het die woning by Greenhaven om ongeveer 03:00 aan die brand geslaan. Die oorsaak van die brand kon nog nie bepaal word nie.
‘n Man en sy 17-jarige dogter, sy 10-jarige seun en ‘n baba van 11-maande oud, kon daarin slaag om betyds uit die woning te ontsnap.
Die Groot-Brakrivier-polisie en die Mosselbaai-munisipaliteit se brand-, redding- en rampbestuurdienste is na die toneel ontbied en het die brand geblus.
Polisiewoordvoerder, Sersant Laurianne Botha sê die gesin het alles in die brand verloor.
“Hulle het niks oor nie. Ons doen ‘n beroep op inwoners wat komberse-, klere-, skoene-, en ou huishoudelike items wil skenk, om my te kontak.”
Botha kan gekontak word by (082 522 1682).
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'