MOSSELBAAI NUUS - Die Mossel Bay Advertiser se voorbladartikel verlede Vrydag, 2 Oktober (Kyk nou net dié kudde-immuniteit) en 'n video op die Advertiser se webblad, het 'n gegons veroorsaak.
Danie Barnard van Santos Haven het die Advertiser gekontak en versoek om met die Van Niekerk-gesin te gesels oor sy voorstel vir die benaming van die twee skaaplammers, wat kompleet met swart "maskers" op hulle snoete gebore is. Die lammers was slegs bekend as Boetie en Sussie.
Barnard het voorgestel dat die Van Niekerks die twee lammers Cor en Rona genoem word. Rona is die naam van sy geliefde vrou wat hy in November verlede jaar aan die dood afgestaan het, asook die naam van sy kleindogter. Die Van Niekerks het toe ingestem.
Die Advertiser het intussen van nog soortgelyke skaaplammers verneem op 'n plaas naby Albertinia.
Annatjie Marx, 'n personeellid van die Advertiser, het laat weet dat hulle ook onlangs twee "Covid-19-lammers" bygekry het.
Twee van die lammers is 'n kruising tussen Dorper- en Merino-skape. Hulle is op die plaas Welgevonden gebore.
Net soos die Van Niekerk-gesin, is Marx tog te trots op die lammers, beide rammetjies.
Daar is ook 'n ooitjie gedurende die grendeltyd gebore, kompleet met haar eie "maskertjie".
Die twee is 'n kruising tussen Dorper en Merino.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'