MOSSELBAAI NUUS - Lugfoto's verskaf deur Kobus en Lizelle Crous van Mossel Bay Helicopters dui duidelik die rooigety wat nou ook na die baai van Mosselbaai versprei het.
Volgens Lizelle was nóg duidelike tekens van rooigety ook dieper die see in opgemerk.
Inwoners word versoek om geen skulpvis wat hulle van die rotse afhaal, te eet nie.
Dr Gwenyth Penry in Plettenbergbaai sê: "Yes we've got it here too. It seems to be a fairly normal occurrence for the past few years. No reports of it being toxic yet. It's just an algal bloom that has died off".
Verdere inligting sal volg sodra amptelike kommentaar van die relevante departemente ontvang word.
Die rooigety wat nou ook na die baai van Mosselbaai versprei het.
Lees 'n vorige berig: Possible red tide sweeps in
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'