Update
MOSSELBAAI NUUS - 'n Gedenkdiens is Saterdag, 3 September vir die seiljagvaarder, Darrol Hansen (60) gehou wat verlede maand dood op sy seiljag, Panacea, gevind is.
Die seiljag met sy oorskot het tydens die insleep-proses na die Mosselbaai Hawe gesink.
Volgens Hanson se ma, Issie, het die duikers weer teruggegaan na die plek waar die seiljag gesink het om ondersoek in te stel of hulle wel sy oorskot kon uithaal.
"Dit is baie diep daar met baie sterk strome en daar is besluit om nie verder te duik nie. Ons is gelukkig in die wete dat alles moontlik gedoen is om die seiljag te vind. Ons haal ons hoed af vir die brawe manne wat alles moontlik gedoen het met die opsporing van die seiljag,"
Die gedendiens is by die NSRI in Mosselbaai gehou. Hansen se dogter is weer terug na Kanada waar sy en haar gesin woon.
Vorige artikels:
- Uitgebreide soektog eindig in watergraf
- Seiljagvaarder se naam bekend gemaak
- Seiljag, met oorskot van man sink
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'