Update
MOSSELBAAI NUUS - Die naam van die man wat Saterdag dood op die seiljag, Panacea, gevind is, is bekend gemaak.
Hy was Darrol Hansen (60) van Mosselbaai en word oorleef deur sy vrou, Hesta, dogter Lee-Lynn, sy ma Issie (82), en broers Ashley en Leon.
Volgens Darrol, se moeder, Issie, is dit nou 'n baie moeilike tyd vir die familie wat in rou gedompel is oor die tragedie wat die afgelope week in die stormagtige see suid van Stilbaai en Mosselbaai uitgespeel het.
Volgens mevrou Hansen was die see Darrol se lewe en het hy van kleins af saam met sy pa geseil.
"Hy het altyd gesê dat hy voor 70 om die wêreld wil seil". Hy het die geleentheid gekry om die seiljag in Saldanha te koop en sou daarmee terugvaar na Mosselbaai. Ongelukkig het sy planne nie uitgewerk nie."
Dit is vir hulle belangrik dat die NSRI bevestig het, dat hy wel dood op die seiljag gevind, is. Hulle berus dat hy nou is waar hy wou wees.
Die Hansen-familie wil veral die NSRI-tak in Hermanus bedank wat wind en deinings so hoog soos berge trotseer het, en aangehou het tot hulle kon bevestig dat sy liggaam wel op die seiljag was.
"Ons is dankbaar en seker dat niemand meer kon doen nie."
Vorige artikel: Seiljag, met oorskot van man sink
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'