Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Eden Photographic Society (EPS) se maandelikse byeenkoms was op 9 Augustus by die Diaz Hotel.
Daar is sewe kategorieë vir foto-inskrywings, naamlik: menslike portrette, landskappe, natuur, fotojoernalistiek, ope afdeling, visuele kuns en 'n voorgeskrewe onderwerp. Augustus se voorgeskrewe onderwerp was Long exposure – Subjects in Motion.
FOTOGALERY: Eden Photographic Society (EPS) se maandelikse foto's
Wenners
Die algehele wenfoto’s asook meriete-toekennings vir Augustus is:
- Groep A wenner: Johan Steyn se Windows to Gold (ope afdeling).
- Groep A naaswenners: Elizabeth Nicholson se Nefertiti Queen of Eqypt (menslike protrette) en Johan Steyn se Green before the sun (landskappe).
- Groep B wenner: Marrianna Erasmus se Jackal on the move (natuur).
- Groep B naaswenner: Johanna Delport se Scott 1 (menslike protrette).
Sterstatus bevorderings in EPS klub:
- Rita Smith word bevorder na 1-ster status, Liana Hoffman na 2-ster status en Johan van Aarde na 5-ster status bevorder. Baie geluk en welgedaan aan hierdie lede.
Besoekers is welkom om die klub se foto-beoordeling by te woon. Dit vind elke tweede Dinsdag van elke maand om 19:00 plaas. Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit.
Vir enige navrae oor die klub kan Michael van Schalkwyk (082 953 7671) gekontak word.
Lesers kan na EPS se Facebookblad gaan kyk - Eden Photographic Society.
Die naaswenner van die maand in Groep A is Johan Steyn se Green before the sun (landskappe).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'