Update
MOSSELBAAI NUUS - Die 79-jarige Margaretha Willemse wat in Junie in haar woning by die Pinnacle Point-landgoed op Mosselbaai vermoor is, se dogter bied 'n beloning van R50 000 aan vir inligting wat die polisie kan help met die arrestasie en suksesvolle vervolging van haar ma se moordenaar.
Willemse is op 4 Junie 2022, dood in 'n slaapkamer in hul woning op Pinnacle Point met 'n wond in haar nek aangetref.
Haar man, Johannes (87), ly aan Alzheimer se siekte en het verskeie wonde opgedoen.
Hy het die voorval oorleef en het op die betrokke oggend alarm by die bure gemaak, waarna Margaretha dood aangetref is.
Die motief vir die aanval is nie bekend nie en sover vasgestel kon word, is niks van die egpaar gesteel nie.
Verdagte
Intussen het die polisie 'n foto van 'n man uitgereik wat met vingerafdrukke op die toneel verbind word.
Die verdagte, die 40-jarige Clement Siabata Kholoane, het na wat verneem word tuinwerk vir die egpaar gedoen.
Hy het intussen gevlug en volgens die polisie se kommunikasiebeampte, kapt Malcolm Pojie, vermoed hulle Kholoane bevind homself of in Bloemfontein of in Lesotho. Kholoane is oorspronklik van Lesotho afkomstig.
Dit is steeds nie bekend hoe Kholoane toegang tot die slagoffer se woning verkry het, of toegang tot die landgoed nie.
Enigeen met inligting word versoek om hul naaste polisiestasie te kontak.
Previous articles:
- Suspect linked to Pinnacle Point murder
- Steeds geen verdagtes in Pinnacle Point-moord
- 'Security was lax at Pinnacle Point'
- Pinnacle Point murder: police still awaiting forensic results
- 'Dynamic and loving'
- Murder investigation 'at sensitive stage'
- Pinnacle Point attack: husband still in hospital
- Pinnacle Point murder: Statement
- Update: Woman murdered at Pinnacle Point
- Woman murdered at Pinnacle Point
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'