Update
MOSSELBAAI NUUS - Die polisie het vanoggend bevestig dat die vermiste man van Hartenbos, Desmond Share (52) vermoor is.
Share het ‘n week gelede vermis geraak nadat hy werk by Herbertsdale moes gaan doen het.
Polisiewoordvoerder, sersant Chris Spies sê Share se liggaam is Saterdag tussen bosse naby Albertinia gevind.
Share het verskeie beserings opgedoen en is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar.
Intussen verskyn ‘n 30-jarige man vandag in die Mosselbaai-landdroshof in verband met Share se moord.
Die verdagte word aangekla van moord, motorkaping en ontvoering.
Volgens Spies is hy by Da Noon in Kaapstad in hegtenis geneem.
Die polisie is steeds op soek na drie verdagtes wat ook met Share se moord verbind kan word. Hulle is steeds op vrye voet.
Die oorsaak van Share se dood is nog nie bekend gemaak nie.
Share se bakkie is verlede Dinsdag om ongeveer 18:06 deur kringtelevisiekameras by die BP-vulstasie by Buffeljagrivier opgetel.
Spies sê die voertuig is nog nie opgespoor nie.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’