MOSSELBAAI NUUS - ‘n Silwer Toyota Hilux bakkie het vanoggend om 00:10 met ‘n Ford in Berthold Alheittstraat gebots.
Die voorval is by die Da Gamaskop-polisie geregistreer maar volgens die polisiestasie se kommunikasiebeampte, kapt Wollie Fourie is daar nie ‘n dossier geopen nie.
Intussen het ‘n inwoner van Mosselbaai op Facebook se Mosselbaai op sy BESTE geskryf: “Jy wat dink dit is oraait om my kar hierdie tyd van die oggend so te stamp en nie eers te stop nie!”
Dit is nie tans bekend of die ander voertuig wel van die toneel af weggery het nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'