Update
MOSSELBAAI NUUS - Die verdagte in die saak van die moord op die 15-jarige Felicia Micheals (Blommie) sal voortaan sy hofverskynings in Knysna maak.
Neavan Misland (27) het op Vrydag 25 Julie in die Mosselbaai-streekhof verskyn, en sy saak is tot Maandag 11 Augustus uitgestel.
Misland het verskeie kere in die Mosselbaai-landdroshof verskyn sedert sy inhegtenisname in Februarie, ná die ontdekking van Felicia se liggaam in ’n vlak graf in Brandwag.
Sy was laas op Sondag 26 Januarie lewend in dié woongebied gesien.
Volgens haar ma, Elvira, het Misland boonop gehelp om na haar kind te soek.
Die ondersoekbeamptes het later bloedspatsels in sy woning in Brandwag gevind.
Misland staan tereg op twee aanklagte, een vir moord en een vir die verberging van ’n liggaam.
Volgens sommige inwoners van Brandwag was Felicia in ’n verhouding met Misland.
Misland het voorheen sy borgaansoek laat vaar en bly in aanhouding.
Vorige artikels:
- Verdagte in moordsaak glo hulp soek na haar liggam
- 'Blommie' in vlak graf begrawe
- Verdagte in meisie (15) se moordsaak laat vaar borgaansoek
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’