Update
MOSSELBAAI NUUS - Die beskuldigde in die moordsaak van die 15-jarige Felicia Micheals (Blommie) sal na verwagting binnekort pleit.
Neavan Misland (27) staan tans tereg op aanklagte van moord en die verberging van 'n liggaam nadat hy in Februarie vir Felicia se moord in hegtenis geneem is.
In Augustus is die saak van die Mosselbaai-landdroshof na die Knysna-landdroshof verskuif. Misland sal egter nou Maandag 29 September in die Thembalethu-streekhof in George verskyn.
Felicia was 'n week lank vermis voordat haar liggaam in 'n vlak graf in Brandwag ontdek is. Sy was laas op Sondag 26 Januarie lewend in dié woongebied gesien.
Daar word beweer dat Misland en Felicia in 'n verhouding was.
Volgens haar ma, Elvira, het Misland boonop gehelp om na haar kind te soek. Die ondersoekbeamptes het later bloedspatsels in sy woning in Brandwag gevind.
Misland het voorheen sy borgtogaansoek laat vaar en bly in aanhouding.
Vorige artikels:
- Verdagte in moordsaak glo hulp soek na haar liggam
- 'Blommie' in vlak graf begrawe
- Verdagte in meisie (15) se moordsaak laat vaar borgaansoek
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’