Update
MOSSELBAAI NUUS - Tien bendelede is op Donderdag, 8 Maart in die hoërhof op Mosselbaai tot altesaam 179 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Die beskuldigdes het voor regter Tashwell Papier verskyn in verband met die moord en aanranding van mede-gevangenes in die Mosselbaai korrektiewe jeugsentrum twee jaar gelede.
Die voorval het in 'n gemeenskaplike tronksel plaasgevind wat die mans, almal in hul 20's gedeel het.
Skerp voorwerpe, slotte en kouse met klippe in is tydens die aanval as wapens gebruik.
Twee aangehoudenes is tydens die geveg dood en sewe is ernstig beseer.
Die beskuldigdes, almal lede van die nommerbende die 26's, het 'n pleitooreenkoms met die staat aangegaan.
Drie van die beskuldigdes het skuldig gepleit op aanklagte van moord terwyl die res skuldig bevind is aan alternatiewe aanklagte, wat insluit aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Die beskuldiges is op die onderskeie pleitooreenkomste gevonnis.
Lees vorige artikels hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'