Gallery Update
MOSSELBAAI NUUS - Sekuriteit is die afgelope week by die Mosselbaai-landdroshof opgeskerp terwyl 11 mans wat aan 'n omstrede nommerbende behoort in die Rondgaande Hoërhof voor Regter Tashwell Papier verskyn het.
Lede van nommerbendes, waarskynlik vanuit die gemeenskap is glo deur ondersoekbeamptes in die hofgange opgemerk.
Die verdagtes, wat almal lede van die 26-bende is en reeds tronkstraf vir ander misdrywe by die Mosselbaai korrektiewe jeugsentrum uitdien, het op Maandag, 5 Maart verskyn op twee aanklagte van moord, sewe aanklagte van poging tot moord en een aanklag van die oortreding van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad.
Die voorval hou verband met 'n wrede geveg wat in 'n tronksel in die jeugsentrum op 29 Maart, 2016 uitgebreek het.
Volgens die Staat het die mans op die betrokke aand na aandete na 'n gemeenskaplike tronksel teruggekeer toe die atmosfeer "kookpunt" bereik het.
Die beskuldigdes het lede van die 28-bende aangeval. Twee aangehoudenes is vermoor terwyl sewe ander ernstige beserings opgedoen het.
Die geveg het voortgeduur totdat korrektiewe beamptes op die toneel aangekom het.
Volgens die staat het die beskuldigdes skerp voorwerpe asook stomp voorwerpe tydens die "beplande" aanval gebruik.
Die oorledenes, die 20-jarige Bradley Teyise en die 24-jarige Abongile Finiza wat beide ten tye van die voorval tronkstraf uitgedien het vir roof, het in die Mosselbaai provinsiale hospitaal aan hul beserings beswyk.
Pleit skuldig
In 'n onverwagse wending het al 11 beskuldigdes die afgelope week skuldig gepleit op die onderskeie aanklagte teen hulle.
Die aanklagte wissel van onder meer moord na aanranding.
Bendelid Donovan May, wat glo as 'n "regter" in die 26-bende bekend staan en oor 'n hoë rang in die bende beskik, het Maandag die voortou geneem en skuldig gepleit op 'n aanklag van moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer en ook skuldig gepleit dat hy lid van 'n bende is.
Regter Nathan Erasmus het May gevonnis tot effektief 25 jaar gevangenisstraf vir die moord op Bradley Teyise, drie jaar gevangenisstraf vir die aanranding op Thembelani Quaga en drie jaar gevangenisstraf omdat hy lid van 'n bende is.
Sou die mans dit nié doen nie, staar almal aanklagte van onder meer moord, met 'n gemeenskaplike doel om die misdrywe te pleeg, in die gesig.
Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.
Volgens 'n bron na aan die ondersoek het May se pleitooreenkoms dit vir die res van die beskuldigdes makliker gemaak om ook voort te gaan met pleitooreenkomste.
Die res van die beskuldigdes se regsverteenwoordigers het nadat May skuldig gepleit het, met hulle onderhandel om ook 'n pleitooreenkoms met die staat aan te gaan.
Sou die mans dit nié doen nie, staar almal aanklagte van onder meer moord, met 'n gemeenskaplike doel om die misdrywe te pleeg, in die gesig.
Ook dié wat slegs tydens die geveg skuldig was aan 'n minder ernstige misdryf as dié van moord, soos byvoorbeeld aanranding, sou slegter daaraan toe wees.
Die beskuldigdes se regsverteenwoor-digers het hulle gewaarsku dat die staat sal vra vir lewenslange gevangenisstraf indien hulle onskuldig pleit en die verhoor sou voortgaan.
Al 11 beskuldigdes is die afgelope week vir onderskeie misdrywe wat met die voorval verband hou deur Regter Papier gevonnis nadat hulle wel pleitooreenkomste met die staat aangegaan het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'