Update
MOSSELBAAI NUUS - Tien bendelede is gister in die hoërhof op Mosselbaai tot altesaam 179 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Die beskuldigdes het voor Regter Tashwell Papier verskyn in verband met die moord en aanranding van mede-gevangenes in die Mosselbaai Korrektiewe Jeugsentrum twee jaar gelede.
Die voorval het in ‘n gemeenskaplike tronksel plaasgevind.
Twee aangehoudenes is tydens die geveg dood en sewe is ernstig aangerand.
Die beskuldigdes, almal lede van die nommerbende die 26’s, het ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan.
Drie van die beskuldigdes het skuldig gepleit op aanklagte van moord terwyl die res skuldig bevind is aan alternatiewe aanklagte, wat insluit aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Lees 'n vorige artikel: 11 bendelede pleit skuldig
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'