Volgens polisie was die babaseun vir ‘n paar uur alleen in die kamer toegesluit voordat die kind se pa van die werk afgekom het en die baba hoor huil het.
Polisie sê die pa kon nie die kamerdeur oopkry nie, omdat dit gesluit was.
Die kind se pa het die kamerdeur met ‘n byl stukkend gekap en op sy huilende 6 maande oue seun afgekom. R70 000 is ook uit die huis as vermis aangemeld.