MOSSELBAAI NUUSFLITS - ‘n 17-jarige seun van Klein-Brakrivier is op Maandag, 4 September gearresteer op ‘n aanklag van die verkragting van ‘n 8-jarige meisie.
Volgens polisie het die voorval op Sondag, 3 September in die vroeë oggendure in die woongebied, Powertown gebeur.
Die slagoffer het aan polisiebeamptes vertel dat sy in haar maaitjie se huis op ‘n bed gelê en slaap het toe sy wakker word en die verdagte bo-op haar aantref.
Die verdagte het na bewering die meisie se mond toegedruk en haar verkrag.
Sy het na die verkragting na haar ouerhuis gehardloop en ‘n familielid van die voorval vertel.
Die verdagte bly in aanhouding en verskyn op Dinsdag, 5 September in die Groot-Brakrivier Landdroshof op 'n aanklag van verkragting.
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'