MOSSELBAAI NUUS - 'n Pretstap oor 'n afstand van 5km word op Vrouedag, 9 Augustus by die Hartenbos Seefront se wandelroete ten bate van Kansa gehou.
Inskrywings is R50 per persoon en kan vanaf 08:00 by die SFM-verhoog gedoen word. Deelnemers spring om 09:00 weg.
Elkeen wat die roete voltooi kry 'n donut en 'n koffie gratis.
Trek iets pienk asook jou tekkies aan en stap ten bate van Kansa.
Vir meer inligting kontak 044 874 4824.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'