Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Lede van die Mosselbaai-posduifklub het Maandag 'n geslaagde duiweveiling by hulle klubhuis aangebied.
Die duiwe wat onder die hamer gekom het was skenkings van van die land se top duiweboere.
Mnr Chappie Gertenbach, bekende afslaer en self 'n duiweboer van formaat, het as afslaer opgetree. Die veiling is goed ondersteun terwyl 'n hele paar van die aanbiedings per telefoon gedoen is.
Al 32 duiwe is van die hand gesit.
Kyk 'n video hieronder.
Lees 'n verwante artikel: Veiling van wedvlugduiwe Maandag in Mosselbaai
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'