MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-posduifklub bied op Maandag, 24 September 'n veiling van stoetwedvlugduiwe by hul klubhuis in Schoemanstraat, Mosselbaai aan. Besigtiging van duiwe is vanaf 09:00 met die veiling wat om 11:00 afskop.
Volgens die organiseerders van die veiling is die duiwe wat te koop aangebied word van baie hoë gehalte en kan enige hok se gene bevoordeel.
Duiwe wat onder die hamer gaan kom is van bekende duiweboere ontvang soos Danie Hattingh (een paar Kitchenbrandts), Bertus Nel (van deNabeele's), Willie Munnik, Willie Steenkamp, Jannie Nel, dr Chris van Rensburg en Annandale, Jannie Olivier, Rassie Erasmus (Houbens), Butch Eienkamerer (van sy gesogte duiwe), Derek Streak (van deNabeele), Jannie en Tertia Engelbracht (van hul wêreld bekende Clausings), Danie Barnard (eks Bertus Nel), dr Jannie Snyman, Boertjie Nell, Jacques Poggenpoel, Jan du Plessis (eks Boertjie Nell), Jan Rosseau (eks Paul Viljoen) en Willem Roussow.
Al die veilingduiwe kan besigtig word by https://sapigeon.co.za/.
Vir enige navrae kontak Danie Barnard (083 455 8149), Casper le Grange (082 352 0408) of Faunty Gillmer (083 455 2052).
Verversings sal beskikbaar wees. "Kom geniet die veiling saam met ons."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'