MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisie ondersoek ‘n saak van poging tot roof nadat ‘n vrou van George gister langs Louis Fourieweg deur ‘n man met ‘n mes gedreig en aangeval is.
Die vrou het volgens inligting vanaf die Punt-karavaanpark gestap na die Langeberg Mall.
In die omgewing van Blue Waters het sy besluit om om te draai waarna ‘n man ‘n onbekende man haar agternagesit en met ‘n mes gedreig het.
Hy het haar ‘n ligte steekwond in die hand toegedien waarvoor sy in ‘n plaaslike hospitaal behandel is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'