MOSSELBAAI NUUS - ‘n Voertuig het vanoggend op die N2 duskant Groot-Brakrivier gerol.
Die polisie is tans op die toneel. ‘n Nooddienshelikopter is na die toneel ontbied. Daar is na wat verneem word slegs een voertuig betrokke.
‘n Gedeelte van die N2 sal vir ‘n geruime tyd gesluit word sodat die helikopter kan land.
Meer inligting is nie tans beskikbaar nie. Hierdie is ‘n ontwikkelende storie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'