MOSSELBAAI NUUS - ‘n Tegniese hoërskool word vir Mosselbaai beplan. Volgens die provinsiale departement van onderwys sal die beplanning eers op dreef kom sodra die Wes-Kaapse regering die grond in Heiderand by die Mosselbaai-munisipaliteit gekoop het.
Volgens die departement sal die oprig van die skool minstens vier jaar neem.
Die departement het Dinsdag in ‘n voorlegging in die provinsiale wetgewer aangedui dat daar ‘n behoefte aan nog ‘n hoërskool op Mosselbaai is, en glo veral ‘n tegniese hoërskool.
Die Mossel Bay Advertiser het navrae oor die beoogde skool aan die munisipaliteit gerig.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'