Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Tandarts van Hartenbos het die koppe laat draai en byna 'n verkeersknoop veroorsaak toe hy Vrydagmiddag in spitsverkeer gedraf het.
Dis nie soseer die drawwery wat die aandag getrek het nie, maar sy kleurvolle "kledingstukkie".
Dr Werner Botha was te siene in 'n Speedo-swembroek in die kleure van die Suid-Afrikaanse vlag wat danksy die Springbok-skrumskakel, Faf de Klerk, wêreldwyd opslae gemaak het.
De Klerk het na afloop van die Springbokke se Wêreldbekerrugbysege in die finaal, in só 'n onderstukkie blad geskud met Prins Harry van Engeland in die Bokke se kleedkamer in die Yokohama-stadion.
Botha het Vrydagmiddag aan die Mossel Bay Home Ads News verduidelik, dat hy 'n weddenskap teen sy stoelassistent, Christa Burger verloor het en dat sy sogenaamde #FafChallenge die uiteinde daarvan was.
Hy het toe terseldertyd besluit, aangesien November in die algemeen beskou word as Kansa se maand waartydens mansgesondheid onder die loep is, hy sommer van die geleentheid gebruik gaan maak om sy deel vir bewusmaking ook te doen.
Kyk 'n video hieronder:
Tandarts, dr Werner Botha met sy stoelassistent, Christa Burger (links) en nog 'n kollega van sy spreekkamer, Amanda Koekemoer. Foto: Cornelle Carstens
Lees 'n verwante artikel: Tandarts durf strate aan in Faf-Speedo
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'