MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai Munisipaliteit het ‘n verklaring uitgereik om inwoners en vakansiegangers in te lig watter gedeeltes hulle wel op Mosselbaai kan benut sedert die strande deur President Cyril Ramaphosa gesluit is.
Munispale bestuurder, Adv Thys Giliomee het die volgende boodskap aan inwoners en vakansiegangers gerig:
Strandgangers moet daarop let dat ‘n definiese wat strande omskryf in die Nasionale Wet op Omgewingsbestuur (107/1998): Regulasies: Beheer van voertuie in die kusgebied omskryf is. Hierdie regulasie staan algemeen bekend as die Marthinus van Schalkwyk Regulasie. Die genoemde regulasie handel oor die beperking van voertuie op strande terwyl die COVID-19 Rampbestuur-regulasie betrekking het op die beperking van mense op strande. Dus behoort daar sinergie te wees.
Die Marthinus van Schalkwyk-Regulasie plaas ‘n vebod op voertuie in ‘n “Coastal Zone” en definieer dan “Coastal Zone” as: “the area adjacent to the sea characterised by coastal land-forms, and includes beaches, dunes, estuaries, coastal lakes, coastal wetlands, land submerged by the waters of the sea, or of any estuary, coastal lake, or coastal wetland, boat launching sites, proclaimed harbours and recreational use area”
Nie deel van strande
Sou aanvaar word dat die wetgewer nie repetisie toepas nie, is die volgende nie deel van “beaches” oftewel strande nie:
- Dunes / duine –dit is alle sandduine;
- Estuaries / riviermondings –dit sal alle riviere insluit;
- Coastal lakes en coastal wetlands / kusvleilande;
- Land submerged by the waters of the sea, or of any estuary, coastal lake, or coastal wetland / enige deel van die area wat met water bedek word – dit sal insluit alle areas waar mense normaalweg sou swem;
- Boat launching sites / boothellings
- Proclaimed harbours / geproklameerde hawens –hierby ingesluit alle eiendom wat in die hawe-owerheid of hul filiale se naam geregistreer is
- Recreational use area / ontspanningsgebruikareas – hierdie is beperk en moet per regulasieas sodanig geproklameer word.
Die definisie van “beach” oftewel strand word dan in die Marthinus van Schalkwyk-Regulasie gegee as “unconsolidated sediment forming the unvegetated edge of the shoreline of the sea or estuary that extends from the low-water mark landwards to higher features of the coast such as dunes, cliffs or vegetated soil;”
Die begrip “sediment” is belangrik in hierdie definisie. Sediment is iets wat deur water beweeg kan word en seesand is ‘n algemene voorbeeld. Sediment word geag as van die kleinste deel te wees, tot so groot as klippe van so groot as 25cm in deursnee.
Met die COVID-19 Ramptoestand Regulasie 69(12) wat bepaal “Gatherings at beaches are allowed subject to the following exceptions and conditions (b) beaches in the Garden Route District will be closed to the public from 16 December 2020 until 3 January 2021” moet aanvaar word dat strande oop is, buiten die strande in die Tuinroete vir die tydsduur soos in die regulasies bepaal word.
Wat is toeganklik
Inaggenome die definisies waarna verwys is, wat mag strandgangers dan geniet en wat is uitgesluit?
Dit is waarskynlik makliker om te wys op wat oop/toeganklik is, as om uit te let op wat ontoeganklik is.
Volgens die definies, en sou aanvaar word dat die wetgewer kennis geneem het van die definisies in ander wetgewing, is die volgende oop en toeganklik vir strandgangers:
- Alle areas wat met water bedek is, ongeag of dit see- of varswater is. Dit is die areas waar mense normaalweg swem. LW: Dit is dus nie verbode om te swem nie, die toegange tot die see om te kan swem is, word egter beperk – toegang mag slegs via enige van ondergenoemde wees;
o Riviere, riviermondings, mere, ens;
o Alle rotsagtige gebiede, dit is waar die opervlak nie sediment is nie. Plekke wat dan toeganklik is, is onder meer die Poort by die Punt.
o Alle plekke wat geskep is om bote te kan lanseer, oftewel boothellings;
o Alle hawegebiede – hierby ingesluit is alle eiendom van die hawe-owerheid. In Mosselbaai se geval is dan ingesluit die gedeelte vanaf Sea Gypsy tot by die Seiljagklub;
o Hoewel nie as sodanig gedefinieer nie, sluit dit ook in alle areas is waar daar verbeterings of verbouings aangebring is. Dit sluit in die betonloopvlakke, sypaadjies en paaie, gevolglik ook die getypoel by die Punt;
o Alle duine is toeganklik – die sandhoophellings bokant die hoogwatermerk. Duine in die groter Mosselbaai gee egter nie direk toegang tot die see nie. Hierby ingesluit is alle areas langs die strande wat met gras beplant is.
Geen persoon word gevolglik sonder ‘n geldige visvanglisensie op enige sandstrand tussen die seewater en die duin en/of die hoogwatermerk toegelaat nie. NB: Let egter daarop dat dit nie ‘n strafbare oortreding is om daar te wees nie.
“Ek kan byvoeg dat nóg ek as die Munisipale Bestuurder, nóg enige van die munisipale personeel van Mosselbaai-munisipaliteit die mandaat het om die regulasies betreffende die COVID-19 ramptoestand toe te pas.
Die Mosselbaai-munisipaliteit bedank die Kouga-munisipaliteit in die Oos-Kaap wat die definisie van strande soos in die Nasionale Wet op Omgewingsbestuur (107/1998): Regulasies: Beheer van voertuie in die kusgebied, toegelig het.”
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'