MOSSELBAAI NUUS - Vakansiegangers kan gerus wees dat verkeer op die N2 tussen Mosselbaai en George tydens die Desemberseisoen sal vloei.
Die padwerke in die gebied vanaf die Mosselbaai-wisselaar en die brug op Groot-Brakrivier is sedert Donderdag, 14 Desember voorlopig gestaak.
Volgens die projekleier, Ian Weston sal die padwerke eers op 8 Januarie voorgesit word. "Daar sal dan steeds een baan vir verkeer oopbly."
Die projek het op 1 November, 2017 begin en sal vir 12 maande duur.
Die pad wat opgradeer word strek vir 82.5km na die N2/R102-wisselaar wes van Mosselbaai en eindig by 105km oos van Mosselbaai duskant die Groot-Brakrivierbrug.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'