Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Meer as 600 ondersteuners van die Suid-Afrikaanse Burgerlike Organisasie het vanoggend op Mosselbaai begin betoog.
Die protesaksie het vroegoggend op KwaNonqaba begin en verskeie strate op die dorp is gesluit terwyl betogers na die Mosselbaai Munisipaliteit beweeg.
Daar, sal optoggangers ‘n griefskrif wat handel oor onder meer elektrisiteitstariewe aan die burgemeester van Mosselbaai oorhandig.
Mosselbaai munisipale woordvoerder, Nickey le Roux sê taxis het nie vanoggend gery nie en dus is leerders en werknemers gestrand sonder vervoer.
Die Polisie se Openbare Orde Eenheid is op die toneel. Die optog is tans vreedsaam.
Fotogalery: SANCO optog in Mosselbaai
Intussen is die pad oorkant Sonskynvallei duskant Hartenbos vanoggend vir 'n kort tydperk deur inwoners versper.
Volgens die polisie het inwoners die pad versper en bande gebrand ter ondersteuning van die optog op Mosselbaai.
Die pad is intussen skoongemaak en oopgestel vir verkeer.
Optoggangers sal ‘n griefskrif aan die burgemeester van Mosselbaai oorhandig.
Lees verwante artikels:
- Update: Sanco march in Mossel Bay
- "Schools must stay open during SANCO march"
- Update: Road closures
- 3 Planned mass marches
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'