Update
MOSSELBAAI NUUS - Die identiteite van twee mense, wat die afgelope Sondagoggend in 'n motorongeluk op die Herbertsdale-pad buite Mosselbaai dood is, was met die ter perse gaan steeds onbekend.
Die polisie maak nie die oorledenes se identiteite bekend sonder toestemming van die familie nie.
Volgens polisiewoordvoerder, sers Chris Spies, is nog drie insittendes in die ongeluk beseer.
Spies sê 'n voorlopige ondersoek dui daarop dat 'n Land Rover met vyf insittendes vanaf Mosselbaai in die rigting van Herbertsdale gery het, toe die voertuig gerol het.
Die 56-jarige bestuurder en 'n 85-jarige passasier, na wat verneem word beide vroue, het veelvuldige beserings opgedoen.
Hulle is op die toneel dood verklaar.
'n 74-jarige vrou, wat in die wrak vasgekeer was, is bevry en met die hulp van 'n helikopter na 'n hospitaal in George vervoer.
Twee ander insittendes is met verskeie beserings na 'n hospitaal in Mosselbaai geneem. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
KwaNonqaba–polisie ondersoek 'n saak van strafbare manslag.
Vorige artikel: Twee dood, drie beseer in ongeluk op Herbertsdale-pad
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’