MOSSELBAAI NUUS - Die uitkoms van ‘n ondersoek deur die Wes-Kaapse departement van onderwys nadat klagtes van aanranding teen ‘n onderwyser van die Groot-Brakrivier Primêre Skool aanhangig gemaak is, is steeds onderweg.
Dit is bevestig deur die woordvoerder van die departement, Millicent Merton nadat ‘n 11-jarige leerder ‘n maand gelede ‘n aanklag van aanranding teen die graad 6-onderwyser by die polisiestasie op die dorp gelê het.
Volgens die polisiewoordvoerder, sersant Chantel Marais, het die verdagte die leerder na bewering met ‘n rottang voor ander leerders geslaan.
Die onderwyser het na bewering ook die leerder gewurg.
Merton sê die skool het nie die onderwyser na die voorval geskors nie.
Sy sê die departement se ondersoek is amper afgehandel. Intussen het die verdagte weer op Dinsdag, 17 Oktober in die landdroshof op Groot-Brakrivier verskyn nadat die saak vroëer uitgestel is vir verdere ondersoek.
Lees vorige artikels:
- Aanklag teen onderwyser ondersoek
- Onderwyser in hegtenis na beweerde aanranding by skool
- Teacher allegedly beat child with cane
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'