MOSSELBAAI NUUS - Tannie Ann Basson het op Dinsdag, 18 April, haar 88ste verjaarsdag gevier. Sy is op Knysna gebore en spog met twee kinders en vier kleinkinders.
Haar man, oom Kenneth, het haar ongelukkig reeds ontval.
Tannie Ann is die afgelope 13 jaar reeds 'n inwoner van Benevolent Park waar sy ook 'n gewaardeerde lid van die koor is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’