HARTENBOS NUUS - Die Comrades-ultramarathon is op Sondag 14 Junie, en die Hartenbos-drawwers het vanjaar nege atlete wat hulle verteenwoordig.
Die atlete wat hierdie 85,77 km-roete tussen Durban en Pietermaritzburg sal aanpak is die volgende (hoeveelheid Comrades-wedlope in hakies): Kleintjie van Schalkwyk (36), Gareth Griffiths (27), Ronelle Moller (20), Romé Phillipson (15), Karel Burger (12), Christo Prinsloo (9), Prissie Muller (9), Chris Moller (8) en Pierrie Wessels (0).
Van Schalkwyk is ook die rekordhouer vir die vrou wat al die meeste Comrades-wedlope voltooi het. Burger het al 11 silwermedaljetye gehardloop.
Die klub se bestuur het onlangs ’n funksie vir die atlete gehad waar hulle alle voorspoed toegewens is en elk ’n geskenk van die klub af ontvang het. Die voorsitter, Ferdie Nel, het elkeen sterkte vir hul wedloop Sondag toegewens.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’