Update
MOSSELBAAI NUUS - 'n Motorfiets en 'n ligte voertuig het Sondag, 21 Junie in Heiderand op die hoek van Schoeman- en Melkhoutstrate gebots.
Volgens inligting het die voertuig vanaf die Blombosch-woonkompleks gery en regs in Shoemanstraat gedraai, toe 'n man op 'n motorfiets wat op Melkhoutstraat vanaf die Mosselbaai Mall onderweg was, daarteen gebots het.
Die erns van die ongeluk ten spyt, het die voertuigbestuurder ongedeerd daarvan afgekom, behalwe vir erge skok. Die motorfietsryer (26) het, sover bekend, verskeie beenbreuke opgedoen en is na die hospitaal geneem vir behandeling.
Die Mosselbaai-polisie het bevestig dat 'n saak van roekelose en nalatige bestuur geopen is.
Die ongelukstoneel:
Vorige artikel: Botsing in Heiderand
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'