MOSSELBAAI NUUS - ‘n Motorfiets en ‘n ligte voertuig het vroeër vandag in Heiderand op die hoek van Schoeman- en Melkhoutstrate gebots.
Volgens inligting het die voertuig vanaf die Blombosch-woonkompleks gery en regs gedraai na Shoemanstraat, toe ‘n man op ‘n motorfiets wat op Melkhoutstraat vanaf die Mosselbaai Mall onderweg was, daarteen gebots het.
Die erns van die ongeluk ten spyt, het die voertuigbestuurder ongedeerd daarvaan afgekom, behalwe vir erge skok.
Die motorfietsryer (26) het, sover bekend, verskeie beenbreuke opgedoen.
Sover bekend het die motorfietsryer verskeie beenbreuke opgedoen.
Die voertuigbestuurder het erge skok opgedoen.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'